Goeie môre, liewe Familie
Vandag gaan ons oor geld gesels. En die onderwerp oor geld en kerk is altyd 'n moeilike ding…veral vir party mense.
Matt 6: 19 "Moenie vir julle skatte bymekaar maak op aarde waar, waar mot en roes verniel; en diewe in breek en steel nie,
V20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie
V21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees."
As ons in 'n wereld kan lewe waar niks breek nie, niks verniel en verslyt nie en jy hoef nie bang te wees vir inbrekers nie, dan sal dit virseker hemel op aarde wees. Veral omdat baie van ons van vroeg af begin om bymekaar te maak op hierdie aarde en dan is die fokus van ons lewe sekuriteit, gemak en voorsiening vir ons ou dag, wat sekere mense in elk geval ook nie sien nie.
Is dit verkeerd? Nee dit is nie. Ons moet varantwoordelik optree en ons kinders reg leer. Die hele beginsel van tiendes, gaan oor om hard te werk en dan 'n tiende van die suksesvolle oes weer aan God terug te gee. Daar moet resultate wees. Gebruik jou talente.
In wese gaan dit oor wat jou harts ingesteldheid is teenoor geld. Jy kan 'n arm man kry wat se fokus baie op geld is en die gebrek daaraan, en jy kan 'n rykman kry wat sy geld bestuur of dit Abba sin is. Dit is in elk geval Abba sin.
Is jou beursie bekeerd? Is jou beursie so oop soos jou hart? Saai jy in areas en bedieninge in waar jy finansiëel nooit iets terug van sal kry nie. Dan het jy 'n bank rekening in die hemel. Die siele wat gaan inkom is die fokus en die skat wat Abba wil hê.
As ons verhogings kry, is dit daar om jou kar te gaan inruil sodat jy 'n nuwe model kan ry of het Abba besluit om jou te toets oor hoe jy dit gaan aanwend vir Sy Koninkryk.
As die geld wat jy saai gemeet kan word aan die hoeveelheid siele wat gaan inkom dan is dit wat gaan bepaal waar jou hart is.
Mense is jou fokus net soos dit vir Abba is. En dis hoe jy in die hemel 'n skat verseker is om so veel mense moontlik daar te probeer kry. Waar jou skat is daar sal hart wees.
Kom ons bid:
Abba mag ons geld hanteer met die ingesteldheid dat dit saad is wat mense kan wen vir U koninkryk. Dat ons gewillig sal wees om ons tyd en energie so in te span om 'n skat in die hemel bymekaar te maak in terme van siele wat gered word. Abba ons ervaar dis eindtyd en die oes moet inkom. Mag die werkers nie te kort skiet nie. Ons loof en ons eer U my Koning, Amen.
Audio Boodskap