IMG 20191113 WA0007

Goeie môre, liewe Familie

Vandag kom ons aan die einde van die week se gedeelte. En  dit is 'n harde ene die.

Matt 6:24 "Niemand kan twee here dien nie, want hy sal die een haat en die ander lief hê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en Mammon dien nie."

Hoe weet jy watter god is die belangrikste in jou lewe?  Dit is maklik, die een wat jy die meeste oor dink....
Baie mense het hierdie godsdienstige uitkyk en wil die twee probeer kombineer en 'n balans kry tussen hulle.
Die skrif sê dit kan nie!  Wanneer jou fokus geld, roem, gemak of wat ook al is het Abba nie 'n plek in jou lewe nie. Wanneer jy geld met die minagting gebruik wat dit verdien lig jy Abba vêr bokant dit uit.
Al die goud en al die silver en al die vee op die berge by duisende, behoort aan die Here. Dis syne in elk geval.
Geld is saad wat jy kan saai soos jy wil. Geld kan 'n ketting wees wat jou bind. Skuld en hebsug is so algemeen in baie van ons lewens.  Dit breek huwelike en baie mense word in die versoeking gestel om onregmatig méér te vat as wat hulle toekom. Dis 'n kragtige wapen in Satan se hand. En lewens word gesteel en vernietig.
Die bottom line - God is n jaloerse God. Hy is of alles in jou lewe of niks.  Hy kompeteer nie met afgode nie. Hy gee jou die keuse rondom waaraan jy jou hart vasmaak. Wees verbind aan Hom en Hom alleen en jy sál lewe.

Kom ons bid:
Abba Pappa, die skrif sê jy moet die Here jou God lief hê met jou hele hart, jou hele siel, jou krag en verstand en ook dat ons geen ander gode mag hê nie. Abba kom ons te hulp en help dat die wêreld ons nie sal mislei en bedrieg nie. Ons bid dat U teenwoordigeheid tasbaar sal wees en  dat U ons sal 'was' van die smet van hierdie wêreld. In Yeshua se naam bid ons dit, Amen.

Audio Boodskap

IMG 20191113 WA0008